Die Volk
Die Afrikaner het 'n trotse geskiedenis. Dit is 'n volk gevorm in Afrika deur geloof, opoffering, deursetting en 'n hardkoppige dapperheid. 'n Minderheids volk vervolg deur menigde oormagte oor vele eeue. Trekkers, Boere, Bittereinders. Dit is my volk. Dit is ek.
SOLI DEO GLORIA - EENDRAG MAAK MAG
SOLI DEO GLORIA - EENDRAG MAAK MAG
Die Kolonies

Kaap de Goede Hoop 1652 - 1795 & 1803 - 1806
1652: Jan van Riebeeck land op 6 April 1652 aan die Kaap.
Hy doen 'n gebed en lê 'n gelofte af.
Jan se gebed:
Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos-Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur. Met hierdie doel voor oë is ons met ons Raad in u heilige Naam vergader om met die Raad se advies sodanige besluite te neem waarmee ons die Kompanjie se belange die beste kan bevorder. Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer. Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat. Daarom bid ons U, allerhoogste Vader, dat U met u vaderlike wysheid by ons sal bly. Ons bid dat U self leiding in ons vergadering sal gee en ons harte so verlig dat alle verkeerde hartstogte, tweedrag en ander dergelike gebreke van ons geweer sal word sodat ons harte van alle menslike hartstogte skoon sal wees. Laat ons gemoedere so ingestem wees dat ons in ons beraadslaging niks anders beplan of besluit nie as dit wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste Naam en tot diens van die wat oor ons regeer. Laat ons nie in watter mate ook al op eie voordeel of winsbejag let nie, maar net op die uitvoering van ons opdragte en dit wat vir ons saligheid nodig is. Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus … wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, … Amen
Jan se Gelofte:
Waar dit vandag die tweede verjaardag is van die dag waarop ons deur die HERE gelei, met die skepe Drommedaris, Reyger en De Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van ons here en meesters Here XVII – die Direkteure van die VOC te bou en te bestendig, en opgelet dat God die HERE alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, daarom het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6de April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot 'n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die HERE wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word.
1688 - 1689: Die Franse Hugenote kom in 1688 tot 1689 na die Kaap.
1725 - 1795: Groot groepe Duitsers kom na die Kaap.
So word die Afrikaner gevorm uit die Nederlanders, Franse en Duitsers.

Kaapkolonie 1795 - 1803 & 1806 - 1910
1975: As gevolg van oorloë in Europa beset die Britte die Kaap in 1795.
1803: Hulle gee die Kaap weer terug aan Nederland in 1803. (Die Kaap is weer Hollands)
1806: In 1806 kom die Britte weer en annekseer die Kaap as die Kaapkolonie.
1820: In 1820 kom die Britse setlaars.

Die Voortrekkers

Groot Trek 1836 - 1838
1838: Die Slag van Bloedrivier
Die Slag van Bloedrivier is op 16 Desember 1838 naby die Bloedrivier in die huidige KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, geveg. Sowat 470 Voortrekkers, onder leiding van Andries Pretorius, het 'n ossewalaer beskerm teen tussen 10 000 en 20 000 Zoeloe-impies. Die Zoeloekrygers, onder Koning Dingaan se regering, is aangevoer deur Dambuza (Nzobo) en Nhlela.
Gelofte: Charl (Sarel) Cilliers
Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat tot sy eer sal deurbring, en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.

Verenigde Staten van Stellaland 1883 - 1885
Goosen Land en Stellaland smelt saam om die Verenigde Stated van Stellaland te vorm.
Gedurende Februarie 1885 het 'n Britse ekspedisiemag onder Sir Charles Warren die dorp ingeneem en op 30 September 1885 die gebied by Brits-Betsjoeanaland ingelyf, wat toe in 1895 deel van die Kaapkolonie geword het.

Die Dorslandtrekkers

Duits Wes Afrika 1884 - 1915

Angola Boere 1881 - 1928

Unie van Suid Afrika 1910 - 1912
1914 Rebellie

Unie van Suid Afrika 1912 - 1961
1922 Myn Stakings

Republiek van Suid Afrika 1961 - 1994
Die Stem
Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee.
Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa --
Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe – ons vir jou, Suid-Afrika.
In die murg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede, in ons hoop op wat sal wees,
In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf --
Deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.
Vaderland! ons sal die adel van jou naam met ere dra:
Waar en trou as Afrikaners – kinders van Suid-Afrika.
In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,
In die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rou,
By die klink van huweliksklokkies, by die kluitklap op die kis --
Streel jou stem ons nooit verniet nie, weet jy waar jou kinders is.
Op jou roep sê ons nooit nee nie, sê ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe – ja, ons kom Suid-Afrika.
Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou --
Dat die erwe van ons vad’re vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer --
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

1975 Die Grensoorlog
20.. Die Toekoms